Gereelde Vrae
Alles wat jy wil weet oor My Kombuis.
Werk dit met my lugbraai?
Ja — ons resepte werk met byna enige lugbraai. Let net op die kleur, nie net die klok nie, want masjiene verskil ’n bietjie.
Hoe kry ek die app nadat ek betaal het?
Ná jou veilige PayFast-betaling kry jy dadelik toegang tot die app. Jy maak dit op jou foon oop en sit dit op jou tuisskerm.
Is dit eenmalig of maandeliks?
Die app is ’n eenmalige betaling van R59 — lewenslange toegang, geen maandelikse fooie nie
In watter tale is dit?
Alles is in Afrikaans én Engels. Jy kan met een tik tussen die tale wissel.
Werk dit sonder internet?
Ja, die app werk heeltemal vanlyn sodra dit op jou foon is — perfek vir die kombuis.
Hoe werk die eBoeke?
eBoeke is digitale kookboeke wat jy aflaai en hou. Koop met een tik via veilige PayFast-betaling.
Hoe kan ek julle kontak?
Die maklikste is WhatsApp by 079 632 5451, of e-pos mykombuissa@gmail.com. Ons help graag persoonlik.
